Groepe / funksies

♥Groepe (funksies)♥

( Privaat venue met privaat opskep geriewe)

Verjaarsdae, baba-tee’s, kombuis-tee’s, huwelik herdenkings ens!


Vereistes:

  • Alle funksies 20+ volwassenes

Funksie tye:

  • Oggend / Middag: 08h00 – 12h00 (geen venue fooi)
  • Middag: 12h30 – 16h30 (geen venue fooi)
  • 17h00 – 23h00 (venue fooi van R2000)
  • Maandae tot Donderdae slegs tot 22h00

Let asb op dat die bespreekte venue tyd bv 08h00 – 12h00 sluit die opmaak en opruim (eie versiering/tafeldoeke ens)van die venue in. GEEN UITSONDERINGS

Funksie/ venue reels:

(Indien reels nie gerespekteer word nie, het die Plek personeel die reg om gaste te se om die venue te verlaat sonder vergoeding)

  • -Geen harde musiek
  • -Geen mobiele disco’s (DJ’S) of harde musiek. Slegs agtergrond musiek
  • -Geen dans
  • -GEEN kerse toelaatbaar. Slegs lanterens
  • -Geen kos verlaat die perseel (funksies kan nie ‘takeaways’  vat nie)
  • Geen eie ‘catering’ nie. Slegs koeke, cupcakes mag self ingebring word.
  • Geen prestik/double sided tape teen ons mure nie
  • Almal wat die perseel betree vorm deel van die funksie getalle wat moet betaal. Gaste kan nie net kom ‘hello’ sê sonder om te betaal nie!

Deposito’s

Betaalbaar met bespreking. Indien deposito nie binne 7 dae betaal word nie het ons die reg om die venue weer beskikbaar te stel (tensy kliënt met ons ‘n reëling tref) 

  • Ontbyt en ligte middag ete = R500
  • Buffet / Braai en Spitbraai = R1000
  • GEEN deposito is terug-betaalbaar met kansellasie van die funksie
  • Deposito sal ook verbeur word met skuif van funksie datum
  • Deposito moet asb van finale betalingn afgetrek word

– Spyskaarte:

Ontbyt:

  • Vrugte en jogurt
  • Muffins, kaas en konfyt
  • Mieliepap 
  • Vetkoekies
  • Roereier
  • Maalvleis
  • Spek
  • Worsies
  • Melkkos met kaneelsuiker
  • koffie en tee (onbeperk) BONUS!

  • Bring alle eie drinkgoed, glase en ys saam


Ligte Middag ete

  • Hoenderpastei of
  • Bobotie of
  • Lasangne (bees of hoender)

(Elke gas kry EEN porsie van die vleis gereg)

  • Mengelslaai
  • Keuse slaai: Aartappelsaai, Soetwortel slaai, Mayo Koolslaai, Kerrie Noodleslaai, Beetslaai
  • Pampoenkoekies met roomsous
  • Vars broodrolletjies
  • Koffie en tee (onbeperk) BONUS!
  • Ietsie soets
  • Bring alle eie drinkgoed, glase en ys saam

Pryse vir die bogenoemde etes:

( Ontbyt en ligte middag ete )

    •  R100 per persoon (20 + volw gaste)
  • Kinders 4 jaar tot 10 jaar is halfprys 
Minimum van 20 gaste (slegs volw)

Bring alle ekstra drinkgoed, glase en ys.

Bring eie versiering (Ons verskaf slegs runners en overlays)

R500 deposito met bespreking (nie terugbetaalbaar met kansellasie)

Let asb op dat die bespreekte venue tyd bv. 08h00 – 12h00 sluit die opmaak en opruim (eie versiering/tafeldoeke ens) van die venue in.


Die volgende spyskaarte kan in die middag of die aand gedoen word:

Braai:

  • Boerewors
  • Varktjop
  • Hoender porsie                            (elke gas kry 1x porsie van al drie die vleise)
  • Potbrood
  • Mieliepap
  • Tamatie en uie sous
  • Pampoenkoekies
  • Mengelslaai
  • Keuse slaai
  • Keuse nagereg
  • Koffie en tee

Buffet:

  • Roast in langsous
  • Gebraaide varkboud
  • Gebraaide hoender
  • Hoender ala Koning
  • Bobotie
  • Hoenderpastei
  • Kort- rib bredie

( Kies 3 van die bogenoemde vleise )

  • -Rys
  • -Gebraaide aartappels
  • -Pampoenkoekies
  • -Groente in seisoen
  • -Mengelslaai
  • -Keuse   nagereg
  • -Koffie en tee

Spitbraai

  • -Skaap of vark op spit
  • -Potbrood
  • -Paptert of pap en sous
  • -Pampoenkoekies
  • -Mengelslaai
  • -Keuse slaai                                                                  (aartappelslaai, kerrie noodleslaai, beetslaai, soet wortelslaai of mayo koolslaai)
  • -Keuse nagereg
  • -Koffie en tee

 

Keuses nagereg:

( R10 p/p Ekstra vir 2 keuses nagereg )

  • Malva poeding met vla
  • Sago poeding met vla
  • Gebakte vrugte peodingt met vla
  • Roomys en sjokolade sous
  • Vrugteslaai en roomys
  • Koekstruif (trifle) 

Pryse is as volg:

( R1000 deposito met bespreking, nie terug betaalbaar met kansellasie )

Vrydae en Saterdae aande (17h00 – 23h00) venue fooi van:

  1.      Meduim venue (60 max) R2000
  2.     Groot venue (150 max) R2000

Braai & Buffet spyskaart:

  • R140 p/p vir meer as 50 volwassenes
  • R160 p/p vir minder as 50 volwassenes
  • Kinders: 5jaar tot 12 jaar 1/2 prys van volwasse prys (kinders vorm nie deel van getalle, moet apart aangedui word)

Spitbraai

  • R190 per persoon
  • Minimum van 40 volwassenes
  • Kinders: 5jaar tot 12 jaar 1/2 prys van volwasse prys (kinders vorm nie deel van getalle, moet apart aangedui word)

Voorgereg opsies:

( R20 per persoon ekstra )

  • Sop en vetkoekies (groentesop met beesvleis, groentesop met hoendervleis, romerige hoender noodle en mielie sop, boontjiesop, ertjiesop met gerookte varkvleis)
  • Sout-tert (spinasie en feta of ham en kaas)
  • Vetkoek en smere tafel (konfyte, patee’s)
  • Bring alle eie drinkgoed, glase en ys.
  • Bring eie versiering (Ons verskaf slegs runners en overlays)
  • Besprekings by dieplekrestaurant@gmail.com
  • Venue kan gesien word per afspraak Nadia: 083 306 1262 / Jo: 083 678 3700
  • Let asb op dat die bespreekte venue tyd bv 08h00 – 12h00 sluit die opmaak en opruim (eie versiering/tafeldoeke ens)van die venue in

8 thoughts on “Groepe / funksies”

  1. Middag

    ek kontak julle in verband troues ek wil hoor of julle dit toelaat en wat julle prys lys is en ook wat in gesluit is en wat nie .

    groete
    Monique

  2. Goeiedag, ek wil net graag uitvind of ons ‘n kombuistee daar kan hou en wat is die kostes daaraan verbonde? Dit sal op ‘n Saterdagmiddag in Oktober wees en wil ek ook weet as ons nie ‘n ete wil hê nie kan julle dan vir ons platters kan voorsien.

    Dankie en groete
    Ina

  3. Hi,
    Kan julle my asb kontak. Ek word 50 die 10de September. Ek wil graag inligting hê oor julle braaivleis. Kan ons die lapa bespreek?
    Kan julle my asb kontak i.v.m pryse ens.

    My nommer is 062 063 3698

    Groete
    Sandra

  4. More,
    Ek wil graag hoor wat die kostes sal beloop vir `n 60ste verjaarsdag en troue op 19 of 26 Augustus 2017. Ons albei ouer en gaan voor hof trou en net `n onthaal hou vir troue en sy 60ste verjaarsdag. Kan ons van verskillende spyskaarte kies of is dit `n vasgestelde spyskaart. Mag ons musiek maak en dans? Wat is alles ingesluit in prys bv. tafeldoeke en dekorasies? Is daar `n kroeg beskikbaar? Sal alle inligting waardeer!

    Dankie solank,
    Lettie Van Zyl

Leave a Reply