Sondag middag- Buffet

die Plek het oorspronklik in 2007 begin net met Sondae middae buffet ete. Van R50 p/p en ‘n gemiddeld van 40 gaste per Sondag het ons gegroei na R140pp en ‘n gemiddeld van 250 gaste elke Sondag. 

Ons Sondag-buffet is streng op bespreking 

( besprekings open die Maandag voor die Sondag, slegs besprekings vir die privaat venue’s word vooraf gedoen )

* Jo-rone: 083 678 3700

* Nadia: 083 306 1262

Sondag buffet

* Jani: 081 015 2929

Die ete is 11h00 vir 11h30, ons deure open stiptelik 11h00

Die spyskaart bestaan uit die volgende:

Voorgereg: 11h30 tot 12h30

  •  Boontjie sop
  •  Groente-hoender sop
  •  Tuisgebakte vetkoek

Hoofgereg: 12h00 tot 13h00

  •  Afvalpot
  • 3 x Vleise
  •   Wit Rys
  •  Stampmielies
  •  Gebraaide Aartappels
  • Pampoenkoekies
  •  Groen groente
  •  Groente in seisoen
  •  Mengelslaai
  • Slaai in seisoen

Nagereg:

  •  Malva poeding
  •  Sago poeding
  •  Jelly
  •  Roomys
  •  Vla

Gemeenskaplike koffie en tee punt

Kostes beloop:

R140 volwassenes

R120 senior burger ( net groepe kleiner as 15 gaste, persoon moet pensioenkaart kan wys)

R60 kinders 11jr tot 13 jaar

R30  kinders 3jr tot 10jr

( Neem asb kennis dat daar daar net soveel stoele by die tafel geplaas word soos voor betaal )

NB! Volle betaling vir bespreekte getalle!!

GEEN KAART FASILITEIT NIE

*NB!! Bring asseblief alle eie drinkgoed, glase en ys.

  

Ons het ook twee privaat venue’s wat beskikbaar is op Sondae met ‘n privaat opskep-punt en die Sondag spyskaart.

(KUDU) Lapa Venue (Meduim)

  • Kostes beloop R7500 vir max 50 gaste.
  • Vir meer as 50 gaste is dit R140 per gas  addisioneel (volw) MAX 60 GASTE BINNE VENUE
  • Die R7500 sluit elke gas se ete asook die venue fooi in.
  • R1000 deposito met bespreking (nie terug betaalbaar met kansellasie)
  • Dit sluit ook die Plek se runners en overlays in.
  • Geen vol tafeldoeke nodig nie, pragtige hout tafels. Ons laat wel toe dat eie vol tafeldoeke ingebring kan word indien so verkies word.
  • Venue mag vanaf 10h15 versier word. Gaste steeds vanaf 11h00 asb
  • Voorgereg word bedien om 11h45 en hoofgereg om 12h15
  • Eie drinkgoed, glase en ys moet steeds saam gebring word.
  • Geen kerse toegelaat.
  • 8 tafels vir gaste + 2 ekstra tafels vir eie gebruik

(LEEU) Grasdak Venue (klein)

  • Kostes beloop R4500 vir max 30 gaste.
  • Vir meer as 30 gaste is dit R140 per gas addisioneel (volw) MAX 30 GASTE BINNE VENUE
  • Die R4500 sluit elke gas se ete asook die venue fooi in.
  • R500 deposito met bespreking (nie terug betaalbaar met kansellasie)
  • Dit sluit ook die Plek se stoel oortreksels, runners en overlays in.
  • Die oortrek van die stoel oortreksels is die klient se eie verantwoordelikheid.
  • Vol tafeldoeke vir 7 ronde tafels moet asb self voorsien word (ons het SLEGS olyf groen beskikbaar)
  • Venue mag vanaf 10h15 versier word. Gaste steeds vanaf 11h00 asb
  • Voorgereg word bedien om 11h45 en hoofgereg om 12h15
  • Eie drinkgoed, glase en ys moet steeds saam gebring word.
  • Geen kerse toegelaat.
  • 5 x 6 sit tafels binne venue (ekstra gaste kan buite venue ge-akommodeer word)

Ons bied ook 3 privaat venue’s met ‘n gemeenskaplike opskep punt en die Sondag spyskaart: 

Rooibok & Nyala venue (med)

  • Kan tot 30 gaste akkomodeer
  • Oop venue met piekniek bankies (geen ruglening,  bankie is vas aan tafel)
  • die Plek se runners en overlays is ingesluit by die venue’s
  • Venue mag vanaf 10h30 versier word. Gaste steeds vanaf 11h00 asb
  • Voorgereg tyd: 12h00
  • Hoofgereg tyd: 12h20
  • Ons vra dat daar asseblief by die opskep tye gehou word aangesien dit ‘n gemeenskaplike opskep punt is en ons die tye volgens groepe uitgewerk het. Opskep punt is in die groot saal venue
  • Venue fooi R300 betaalbaar met bespreking. Word verbeur met kansellasie
  • Pryse vir volwassenes en kinders soos Sondag pryse (heel bo op bladsy)
  • Geen kerse

Duiker venue (klein)

  • Kan tot 20 gaste akkomodeer
  • Oop venue met piekniek bankies (geen ruglening,  bankie is vas aan tafel)
  • die Plek se runners en overlays is ingesluit by die venue’s
  • Venue mag vanaf 10h30 versier word. Gaste steeds vanaf 11h00 asb
  • Voorgereg tyd: 12h00
  • Hoofgereg tyd: 12h20
  • Ons vra dat daar asseblief by die opskep tye gehou word aangesien dit ‘n gemeenskaplike opskep punt is en ons die tye volgens groepe uitgewerk het. Opskep punt is in die groot saal venue
  • Venue fooi R200 betaalbaar met bespreking. Word verbeur met kansellasie
  • Pryse vir volwassenes en kinders soos Sondag pryse (heel bo op bladsy)
  • Geen kerse

Leave a Reply